Bepalings & voorwaardes

Bepalings & voorwaardes

Lees asseblief die bepalings en voorwaardes noukeurig.

Eetplan vir Baba! se webtuiste (https://eetplanvirbaba.co.za/) verskaf opvoedkundige inligting, menings en riglyne oor hoe om ‘n gesonde baba van ouer as vier maande aan vaste kos bekend te stel. Dis bedoel om gebruikers wat besluit het dat hul baba reg is vir vaste kos, te help om self vir hul baba te kook. Die plan is ontwerp om dit vir gebruikers maklik te maak om die voorbereiding van babakos by die res van die gesin se leefstyl te laat inskakel, mits die gesin op gesondheid gefokus is. Dit verskaf riglyne vir mense wat uit hul eie besluit om hierdie leefstyl te volg.

Al is ons plan gegrond op inligting wat al vantevore in Baba & Kleuter en Your Baby gepubliseer is, waarmee kenners gehelp het, moet jy nie die inhoud op die Eetplan vir Baba!-webtuiste as ’n plaasvervanger beskou vir mediese raad deur ’n gesondheidsorgspesialis nie. Eetplan vir Baba! is nie ’n mediese organisasie nie en kan nie mediese raad verskaf of diagnoses maak nie. Jy moet altyd ’n gekwalifiseerde kenner raadpleeg vir hulp met eetverwante siektes, probleme en toestande. 

As jou baba medisyne gebruik of aan enige chroniese toestand of ander kwaal ly, moet jy ’n dokter of gekwalifiseerde gesondheidsorgkenner raadpleeg voor jy die eetplan aanpak. As jy enige mediese bekommernisse het – insluitend refluks, eetsteurnisse, allergieë of prematuriteit of spesiale behoeftes, ondergewig of oorgewig, of as jy vegetaries of veganisties is of eerder babageleide spening wil probeer – is die plan nie ideaal vir jou geskep nie en moet jy die hulp van ’n gekwalifiseerde gesondheidsorgkenner bekom.

Die inligting en materiaal op die webtuiste is bedoel as algemene riglyne wat met babavoeding help en neem nie individuele omstandighede in ag nie. Eetplan vir Baba! sal nie enige vorm van hulp of steun vir individuele gevalle bied nie, en ook nie terugvoer gee op enige inligting wat jy aan hierdie webtuiste voorlê nie – behalwe wanneer dit kom by algemene kommentaar en raad waar toepaslik. In sulke gevalle sal hierdie bepalings vir sodanige kommentaar en raad geld.

Jy gebruik die Eetplan vir Baba!-webtuiste en die inligting daarop (insluitend die planne) geheel en al op jou eie risiko en jy aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko vir verlies uit sodanige gebruik. Eetplan vir Baba!, Media 24, hul sustermaatskappye, aandeelhouers, ampsdraers, werknemers, agente en konsultante is nie aanspreeklik vir enige skade of leed wat op enige manier voortspruit uit die inhoud van Eetplan vir Baba! of omdat jy een van ons planne gevolg het nie.

Ons beveel aan dat jou baba beslis nie jonger as vier maande moet wees voordat jy die plan begin nie. Dis gevaarlik om vaste kos aan ‘n baba jonger as vier maande te gee. Die plaaslike departement van gesondheid en die Wêreldgesondheidorganisasie beveel aan dat babas tot op ses maande eksklusief geborsvoed word. Dis die individuele gebruik se besluit wanneer om met die eetplan te begin. 

Ons het alle redelike stappe gedoen om die korrektheid van die inligting te verseker wat op die Eetplan vir Baba!-webtuiste verskaf word.

Wanneer jy vir die Eetplan vir Baba!-plan inskryf, stem jy in om op ’n ad hoc-grondslag nuusbriewe en herinnering-e-posse van die program af te ontvang.

Wanneer jy op die nuusbrief inteken, stem jy in om drie nuusbriewe per week asook ’n ad hoc-nuusbrief af en toe van die program af te ontvang.

In die geval van ’n dispuut geld sowel die Wet op Verbruikersbeskerming as die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies.

Ons mag hierdie bepalings geheel en al na ons eie goeddunke aanpas, in welke geval die aangepaste bepalings dan vir jou bindend sal wees.

Belangrike voorwaardes

Lees asseblief die Gebruiksbepalings noukeurig elke keer wanneer jy tot die webtuiste toegang verkry. Wanneer jy die webtuiste besoek, word daar aangeneem dat jy dit gelees en daartoe ingestem het, wat ’n regtens bindende ooreenkoms tussen jou en ons skep.

As jy op die webtuiste wil registreer of vir enige van die kursusse of dienste inskryf wat ons hier bied, moet jy op die “Ja”-knoppie klik wanneer ons vra of jy hierdie Gebruiksbepalings aanvaar.

As jy op die “Nee”-knoppie klik, mag jy geen van die dienste gebruik wat op of deur die webtuiste beskikbaar is nie. Gebruikers stem in tot Bepalings en Voorwaardes wanneer hulle op die “Registreer”-knoppie klik.

Ons mag die Gebruiksbepalings van tyd tot tyd verander sonder om jou in kennis te stel en die veranderings sal van krag word wanneer ons dit op die webtuiste publiseer. Elke keer dat jy tot die webtuiste toegang verkry, word jou gebruik van die webtuiste deur die mees onlangse weergawe van die Gebruiksbepalings bestuur. Deur enige van die dienste te gebruik wat op die webtuiste gebied word of enige transaksie via die webtuiste te sluit, dui jy aan jy is bekend met en stem in om deur die huidige bepalings gebonde te wees. As jy enige vrae oor die Gebruiksbepalings het, stuur asseblief vir ons e-pos na eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za

Deel A: Algemene Inligting en Bepalings

1. Algemene inligting

Vir jou gerief het ons hieronder ’n lys met algemene inligting oor ons opgestel.

Media24 Bpk. is ’n privaat maatskappy geïnkorporeer in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika met die registrasienommer 1950/038385/06.

Die uitvoerende hoof van Media24 Bpk. is Ishmet Davidson en die hoofbestuurder van die afdeling Leefstyltydskrifte is Minette Ferreira. Die lys van ampsbekleërs en direksielede van Media24 Bpk. is by www.media24.com te kry.

Ons posadres is Posbus 1802, Kaapstad 8000.

Ons sakeadres is Heerengracht 40, Kaapstad, Suid-Afrika, en ons sal die bediening van alle regsdokumente daar aanvaar.

Ons telefoonnommer is: 021 406 2378

Ons e-posadres is eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za.

Ons is lede van die Vereniging vir Digitale Media en Bemarking en onderskryf sy gedragskode.
Kontak ons webmeester by eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za.

2. Definisies

In hierdie Gebruiksbepalings geld die volgende definisies:

Rekening: Jou intekenrekening vir die gebruik van ons dienste

Inhoud: Enige inligting, data, teks, sagteware, musiek, klank, foto’s, grafika, video’s, boodskappe, kommentaar, blogs, forums, kletsgroepe, kennisgewingborde, idees, terugvoer, voorstelle en byhake wat op die webtuiste bevat word

Bydraersriglyne: Ons riglyne vir die maak van inhoudsbydraes tot die webtuiste, wat in Deel D van hierdie dokument uiteengesit word

Privaatheidsbeleid: Ons privaatheidsbeleid, wat in Deel C van hierdie dokument uiteengesit word

Gebruiksbepalings: Hierdie bepalings en voorwaardes vir die gebruik van ons webtuiste

Gebruiker: Enige gebruiker van die webtuiste, insluitend enige adverteerder, intekenaar, blogger, lid en bydraer

Ons en ons s’n: Media24 Bpk., ons Media24-drukafdeling en ons Leefstyl-afdeling (wat Eetplan vir Baba! insluit) en – tensy die konteks anders aandui – ons eienaars, dogtermaatskappye, moedermaatskappy, werknemers, beamptes, direkteure, verskaffers, internetdiensverskaffers, agente en sustermaatskappye

Jy en jou: ’n Gebruiker van hierdie webtuiste

(Hiperskakels wat nie werk nie, sal op geen manier aan die geldigheid en vertolking van die Gebruiksbepalings afbreuk doen nie.)

3. Algemene voorwaardes vir gebruik van hierdie webtuiste

Jy moet ’n rekening by ons registreer om ten volle van die webtuiste gebruik te maak. Jou rekening sal jou in staat stel om die bladsye te gebruik wat slegs vir lede is. Daar kan jy ’n profiel skep, vir kompetisies inskryf en sake van algemene belang met ander lede bespreek.

Daar kan van jou vereis word om ’n gebruikersnaam en wagwoord te kies om ’n rekening te registreer. Jy is daarvoor verantwoordelik om jou gebruikersnaam en wagwoord geheim te hou. Jy sal jou gebruikersnaam en wagwoord moet intik elke keer wanneer jy jou rekening wil gebruik. Jy vrywaar ons teen enige skade wat gely word omdat jy nagelaat het om jou rekeningbesonderhede (soos gebruikersname, wagwoorde en toegangskodes) veilig te hou of enigiemand anders toegelaat het om jou subskripsierekening by ons te gebruik. Jy aanvaar dat jy aanspreeklik sal wees vir alle data ingedien en transaksies afgehandel op jou subskripsierekening. Om ’n rekening te skep, moet jy ’n natuurlike mens wees. Jy moet 18 jaar of ouer wees.

Jy stem in om die webtuiste net te gebruik in ooreenstemming met die Gebruiksbepalings en alle wette, regulasies en gedragskodes (selfregulerend inkluis) wat op jou en jou gebruik van die internet van toepassing is en die dienste wat op hierdie webtuiste aan jou gebied word, onder meer ons Bydraersriglyne wat in Deel D van hierdie dokument uiteengesit word. In die besonder stem jy in om die webtuiste net vir wettige doeleindes te gebruik en op ’n manier wat nie op die regte van ander inbreuk maak of die gebruik en genieting van die webtuiste deur enige derde party beperk nie. Jy stem ook in om nie die webtuiste te gebruik op ’n manier wat ons tot oneer sal strek nie.

Die inhoud op die webtuiste kom nie op kennersraad van enige aard neer nie, hetsy dit wetlik, professioneel, medies, persoonlik of andersins is, en ons beveel gebruikers aan om hul eie raad by toepaslik gekwalifiseerde kenners in hul gebied te verkry. As jy kies om op ons inhoud staat te maak, doen jy dit geheel en al op eie risiko en aanvaar jy ons sal in dié opsig geen aanspreeklikheid teenoor jou hê nie.

Oor die algemeen monitor, redigeer, kontroleer of sif ons nie die inhoud wat deur ons ander gebruikers geplaas word nie. Inhoud wat deur ander gebruikers op hierdie webtuiste geplaas word, verteenwoordig nie noodwendig ons sienings nie en ons keur dié inhoud nie goed nie en onderskryf dit ook nie. Ons onderskryf ook geen geleenthede, produkte of dienste wat gebruikers op ons webtuiste plaas nie. Jy moet alle reëlings oor sulke byeenkomste, produkte of dienste regstreeks met die betrokke gebruiker tref en doen dit op eie risiko. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige geleentheid, diens of produk wat deur enige derde party op hierdie webtuiste geplaas word nie, en ook nie vir enige reëlings wat getref word in verband met enige sulke geleenthede, produkte of dienste nie.

Jy stem in om ons webtuiste nie vir enige onwettige doel te gebruik nie. Jy stem spesifiek in om geen materiaal op ons webtuiste (of enige boodskap aan ons webtuiste) te plaas of na ons webtuiste te stuur wat enige derde party se regte skend; of wat onwettig, obseen, misleidend, onakkuraat of lasterlik is; of wat enige kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg skend; of wat die data, sagteware of verrigting van ons of enige ander party se rekenaarstelsel skaad nie. Jy vrywaar ons met betrekking tot enige skade wat gely word as ’n gevolg daarvan dat jy hierdie verpligting verbreek het.

Ons moet ons onderneming beskerm en ons stelsels veilig hou. Enige kommunikasie wat jy dus via ons webtuiste stuur of ontvang, mag ons onderskep of monitor tot die maksimum omvang wat deur die wet toegelaat word. Ons mag ook sodanige kommunikasie vir enige wettige doeleinde gebruik, publiseer of openbaar maak. Monitering mag insluit dat inkomende of uitgaande elektroniese databoodskappe gesif word om onwettige of ander ongewenste materiaal of inhoud te identifiseer, beperk of voorkom.

Ons behou die reg voor om na ons absolute goeddunke en sonder kennisgewing enige materiaal te verwyder wat jy op ons webtuiste geplaas het en om jou rekening of toegang tot die webtuiste te eniger tyd sonder kennisgewing op te skort of te beëindig, en ons sal dit waarskynlik doen as jy die gebruiksbepalings oortree.

Ons besit alle intellektuele eiendomsregte wat betref die komponente en kenmerke van hierdie webtuiste, uitgesluit enige data, materiaal, kommentaar, idees, terugvoering of voorstelle wat spesifiek deur gebruikers ingedien is en wat aan hulle behoort. Ons besit ook alle intellektuele eiendomsregte in die kompilasies, versamelde werke en afgeleide werke wat deur ons geskep is en wat enige van die inhoud van gebruikers kan insluit. Jy mag dus geen deel van hierdie webtuiste (insluitend sy bron-HTML-kode) gebruik, oordra of kopieer nie behalwe vir die doel om die webtuiste te gebruik. Dit beteken dat jy dit op jou rekenaarskerm mag vertoon of mag uitdruk slegs met die doel om die inhoud te besigtig. Jy mag nie die inhoud sonder ons geskrewe toestemming raam nie. As jy enige inhoud op ons webtuiste indien, gee jy aan ons ’n onherroeplike, ewigdurende, wêreldwye en winsaandeelvrye vergunning om sodanige inhoud op enige manier of in enige vorm te gebruik. Hierdie vergunning duur voort selfs nadat daar nie meer ’n kontraktuele reëling tussen ons bestaan nie.

Jy mag die handelsmerke wat op ons webtuiste verskyn net gebruik vir die doel om die webtuiste op jou rekenaarskerm te vertoon of webtuiste-bladsye uit te druk om dit te besigtig.

Ons verskaf geen waarborge of verteenwoordigings – uitdruklik of veronderstel – oor die inhoud of dienste wat op hierdie webtuiste verskaf word of die inhoud van enige ander webtuiste waarna verwys kan word of wat bereik kan word deur ’n hiperskakel vanaf hierdie webtuiste nie. Ons onderskryf of keur ook nie die inhoud van sodanige derdeparty-webtuistes goed nie. In die besonder doen ons afstand van alle waarborge wat deur die wet geïmpliseer word en maak ons geen verteenwoordigings wat betref die akkuraatheid, geskiktheid, nieskending, beskikbaarheid, betydsheid, veiligheid, volledigheid of betroubaarheid van die inhoud nie. Ons word nie deur die inligting verbind nie, foute en weglatings ingesluit. Ons gee ook nie voor die webtuiste is vry van virusse of foute of enigiets anders wat dalk ’n skadelike uitwerking op enige tegnologie kan hê, of dat die webtuiste met alle rekenaarstelsels en webblaaiers versoenbaar is nie. Jy gebruik of laai enige deel van hierdie inhoud af in ooreenstemming met jou eie oordeel en risiko en jy is alleen verantwoordelik vir enige skade aan jou rekenaarstelsel of verlies aan data wat spruit uit die aflaai van enige sodanige materiaal.

Ons is daartoe verbind om jou privaatheid te beskerm. Ons sal die inligting wat jy vir ons gee, saamstel en gebruik om jou van dienste te verskaf en jou gebruik van die webtuiste te verpersoonlik. Ons kan sodanige inligting ook gebruik om jou in te lig oor veranderinge in die dienste wat ons aanbied en dinge waarin ons dink jy belang sal stel. Wanneer jy vir ons die inligting gee, stem jy in tot ons gebruik daarvan vir dié doelwitte en vir die doelwitte wat in ons Privaatheidsbeleid uiteengesit word – insluitend vir die doel om jou versoeke te verwerk. As jy nog inligting nodig het oor ons behandeling van jou persoonlike inligting, kan jy gerus ons privaatheidsbeleid lees.

Jy gebruik ons webtuiste op eie risiko. Ons sluit tot die volste omvang toelaatbaar deur die wet enige aanspreeklikheid uit wat ons ons op die hals kan haal weens enige skade wat kan voortspruit uit ’n onvermoë om tot die webtuiste toegang te verkry of ’n diens op die webtuiste te gebruik, of wat kan voortspruit uit enige gebruik van die webtuiste of vertroue op die data wat deur die gebruik van die webtuiste verkry of oorgedra is, selfs al was ons nalatig of vooraf bewus van die probleem. In geen geval sal ons aanspreeklik wees vir enige verlies aan wins, goedgesindheid, geleentheid, besigheid, verwagte besparing of ander direkte, indirekte of voortvloeiende verlies van enige aard wat betref die wetsbepaling, kontrak, delik/misdryf (insluitende nalatigheid en growwe nalatigheid) of wat andersins voortspruit uit jou gebruik van die webtuiste nie – behalwe waar sodanige aanspreeklikheid nie deur toepaslike wetgewing uitgesluit kan word nie.

Jy vrywaar ons van enige aanspraak of eis, insluitende prokureursfooie op ’n party- en eie kliënt-skaal, wat deur enige derde party gemaak word as gevolg van jou verbreking van die Gebruiksbepalings of die dokumente wat dit insluit deur verwysing of jou oortreding van enige wet of die regte van ’n derde party.

Ons behou ook die reg voor om sonder kennisgewing en na ons absolute goeddunke enige dele van die webtuiste, insluitend hierdie Gebruiksbepalings, te verander. Ons hou spesifiek die reg voor om op enige tyd sonder kennisgewing enige dienskomponent en/of kenmerk van die webtuiste te verander, op te skort of te beëindig.

Deel B: Kompetisiereëls

Tensy dit duidelik anders gestel word, is die voorwaardes hieronder van toepassing op alle kompetisies wat op hierdie webtuiste aangebied word. In die geval van konflik tussen hierdie voorwaardes en die reëls wat op ’n spesifieke kompetisie van toepassing is, sal die spesifieke kompetisie se reëls geld.

Alle kompetisies wat op die webtuiste aangebied word, is net oop vir inwoners van Suid-Afrika tensy ons uitdruklik anders meld.

Die volgende mense mag nie aan ’n kompetisie deelneem wat op die webtuiste aangebied word nie: enigiemand wat vir ons, die gespesifiseerde kompetisievennoot, enige van ons geaffilieerde maatskappye of enige van ons advertensie-, media- of reklameagentskappe werk. Dit sluit in enige familielede of vennote van enige van die bogenoemde mense.

Geen kontant-alternatief is vir enige prys beskikbaar nie tensy ons uitdruklik anders meld.

Die sluitingsdatum van alle kompetisies sal wees soos gemeld. Die beoordelaars kan nie verantwoordelikheid vir laat inskrywings aanvaar nie.

Daar kan van enige deelnemer verwag word om bewys van hul ouderdom te lewer.

Deelnemers wat jonger as 18 jaar oud is, kan gevra word bewys te lewer van toestemming van hul ouer of wettige voog om aan kompetisie deel te neem.

Die beoordelaars se besluit is finaal. Ons sal by geen korrespondensie betrokke raak nie.

Ons sal die inligting van deelnemers gebruik in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid.

Waar deelname per SMS van toepassing is, word SMS-tariewe teen premiekoerse bereken. Gratis SMS’e geld nie.

Ons behou die reg voor om enige kompetisie sonder kennisgewing en te eniger tyd te kanselleer.

Veelvoudige wenners kan aan ’n uitkloppot onderwerp word om op ’n algehele wenner te besluit.

Enige afwyking van die reëls of poging om die uitkoms van die prys te manipuleer, sal tot diskwalifisering lei.

Daar kan van wenners verwag word dat hulle om publisiteitsdoeleindes gefotografeer word of deelneem aan ’n regstreekse aanbieding of radio- of televisie-uitsending. Ons verskaf geen finansiële vergoeding daarvoor nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie, moet aanvaar word soos gemeld en mag nie aan ’n derde party verkoop word nie. Jy moet aanvaarding van die prys bevestig soos gemeld. As jy dit nie doen nie, sal jy nie meer op die prys geregtig wees nie en sal dit hertoegeken word.

Waar pryse ’n oorsese reis behels, moet wenners oor ’n geldige paspoort, vereiste visums en die relevante gesondheidsertifikate beskik.

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige van die volgende nie: foutiewe of onvoltooide registrasiebesonderhede deur jou verskaf; of onafgelewerde, verlore of vertraagde inskrywings. Bewys van versending is nie bewys van ontvangs nie. Foute in inskrywings mag na die beoordelaars se oordeel inskrywings ongeldig maak.

Ons mag pryse hertoeken as ons nie die verkose wenners kan kontak nie. Maak asseblief seker dat jy die korrekte kontakbesonderhede verskaf.

As enige prys wat aangebied is onbeskikbaar is, behou ons die reg voor om alternatiewe pryse te kies wat dieselfde waarde het, en om sonder kennisgewing die volle of deel van die kompetisie aan te pas, aan te vul of terug te trek. 

By oorweging vir die prys mag ons of enige maatskappy wat aan die promosie verbind word, die wenner se naam en plek van oorsprong bekendmaak.

Ons besit alle wêreldwye regte, die volle kopiereg ingesluit, op alle inskrywings, wat beteken ons kan geheel en al na ons goeddunke die volgende met die inskrywings doen: bemark, vir kommersiële gebruik of andersins reproduseer, redigeer, adverteer en publiseer, vervaardig, vaslê en deur enige kuns of ander medium reproduseer. Hierdie benuttingsregte duur vir die volle termyn van kopiereg en ander regte in die inskrywings en alle verlengings en laat ons toe om enige ontwerpsregte of handelsmerke te registreer. Jy moet al die nodige doen, insluitend enige dokumentasie voltooi wat nodig is, om die benuttingsregte aan ons oor te dra wanneer ons jou vra om dit te doen.

Deelnemers doen onherroeplik en onvoorwaardelik afstand van alle morele regte waarop hulle nou of enige tyd in die toekoms geregtig is kragtens enige kopiereg- of soortgelyke wet wat van tyd tot tyd op enige plek ter wêreld van krag is. Hierdie bepaling geld al hul inskrywings.

Ons sal op absoluut geen manier aanspreeklik wees vir enige skade of besering wat as gevolg van jou deelname aan ’n kompetisie opgedoen word nie.

Deel C: Privaatheidsbeleid

1. Inleiding

Lees asseblief die Privaatheidsbeleid noukeurig, want dit bevat belangrike inligting oor die gebruik van enige persoonlike inligting wat jy aan ons verskaf. Jou privaatheid is vir ons baie belangrik. Daarom is ons daartoe verbind om daardie privaatheid te beskerm wanneer ons ook al vra dat jy persoonlike inligting aan ons verskaf. Mits dit redelik moontlik is, sal ons probeer om jou persoonlike inligting net te gebruik of bekend te maak op die manier wat in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit word. Ons behou egter die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te verander. In so ’n geval sal die aangepaste privaatheidsbeleid alle vorige beleide sal vervang vanaf die datum waarop dit op hierdie webtuiste geplaas word. Waar ook al moontlik sal ons jou inlig oor enige verandering voor dit in werking gestel word. Lees die privaatheidsbeleid asseblief gereeld om jou van die jongste weergawe te vergewis en om te verstaan wat ons met jou persoonlike inligting kan doen. Die privaatheidsbeleid vorm deel van die Gebruiksbepalings.

2. Persoonlike inligting

Persoonlike inligting verwys na alle inligting oor jou as ’n identifiseerbare individu, insluitend (maar nie beperk nie tot) jou naam, adres, e-posadres, telefoonnommer en identiteitsnommer. Vir hierdie doeleindes sluit dit egter alle inligting uit wat jy plaas op ’n openbaar toeganklike seksie van ons webtuiste soos ’n blog, kletskamer, kennisgewingbord of gespreksgroep indien. Dis omdat ons laasgenoemde inligtingsgroepe vryelik mag versamel, gebruik en bekendmaak omdat dit nie onder die privaatheidsbeleid beskerm word nie. Jy dien dus inligting op so ’n openbaar toeganklike seksie van die webtuiste op eie risiko in. Om jou te beskerm, beveel ons aan dat jy geen sensitiewe persoonlike inligting oor jou of enigiemand anders op die webtuiste bekendmaak nie. Dit sluit in inligting oor jou of enigiemand anders se geestes- of mediese toestand, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werk, seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras of etniese oorsprong. Sulke inligting kan deur ander misbruik word.

3. Jou toestemming

3.1. Jy hoef nie persoonlike inligting aan ons te verskaf om toegang te verkry tot die gratis dele van ons webtuiste nie. Maar party dienste op ons webtuiste is net tot intekenare beperk. As jy daardie intekenaarsdienste wil gebruik, sal ons persoonlike inligting oor jou nodig hê. Die inligting sal versamel word wanneer jy by ons registreer of kies om een van die intekenaarsdienste op ons webtuiste te gebruik. Ons mag ook inligting versamel oor hoe jy ons webtuiste gebruik sodat ons ons dienste kan verbeter en kan beoordeel of jy aan die gebruiksvoorwaardes gehoor gee.

3.2. Ons sal al die persoonlike inligting wat so versamel word in ooreenstemming met die privaatheidsbeleid bêre, bekendmaak en gebruik. Wanneer jy op die intekenaarsdiens inteken, stem jy in tot sodanige berging, gebruik en bekendmaking. As jy jonger as 18 is, kan ons vereis dat jy bewys ’n ouer of wettige voog gee toestemming dat jy jou persoonlike inligting mag indien.

4. Gedeelde persoonlike inligting

4.1. Ons sal nie jou persoonlike inligting sonder jou toestemming – of as jy jonger as 18 is sonder die toestemming van jou ouers of wettige voogde nie – aan enige derde party verkoop of verhuur of andersins bekendmaak nie. Deur ons webtuiste te gebruik of op enige van ons dienste in te teken, gee jy ons jou uitdruklike en ingeligte toestemming om jou persoonlike inligting as volg aan derde partye bekend te maak:

4.1.1. aan derdeparty-ondernemings wat deur ons aangestel is om dienste aan ons te verskaf, insluitend byvoorbeeld webbedienaarsdienste, administrasie, onderhoud en ontwikkeling. Hierdie ondernemings het toegang tot jou persoonlike inligting nodig om hul werk te doen en nie vir enige ander doeleindes nie;

4.1.2. om ons kliëntedatabasis(se), insluitend die persoonlike inligting wat daarin vervat is, oor te plaas aan enige derde party wat al of wesenlik al die bates of aandele in ons maatskappy of ons webtuistediens verkry het hetsy deur dit te koop, saam te smelt, te verkry of op ’n ander manier.

4.3. aan staatsagentskappe, beurse en ander regulerende of selfregulerende organisasies as ons deur die wet vereis word om dit te doen of as ons meen sodanige optrede is nodig om

4.1.3.1. aan die wet of enige regsproses te voldoen;

4.1.3.2. ons regte en eiendom of dié van ons klante en maatskappye in ons groep te beskerm en verdedig;

4.1.3.3. bedrog of wangebruik, misbruik of ongemagtigde gebruik van ons webtuiste te voorkom; en/of

4.1.3.4. die persoonlike veiligheid of eiendom van ons klante of die publiek te beskerm (as jy vals of misleidende inligting oor jouself verskaf of jou as iemand anders voordoen, sal ons sodanige inligting aan die gepaste regulerende liggame en kommersiële instellings verskaf); en

4.1.4 indien van toepassing, om jou ervaring op ons webtuiste meer persoonlik te maak; om jou in die toekoms te help aanteken en te help aanhou om die webtuiste te gebruik; om te antwoord op navrae wat jy dalk het, om jou van steun te voorsien; en om ons te help om dienste of materiale vir insluiting op ons webtuiste te kies as ons meen dat dit dalk van belang vir jou kan wees.

4.2. Ons behou die reg voor om nie-persoonlike, nie-individuele inligting in saamgestelde formaat vir sakedoeleindes met derde partye te deel, byvoorbeeld met adverteerders op ons webtuiste of met sake- of deelgenote. Jy sal nie daaruit identifiseerbaar wees nie. Ons is nie verantwoordelik en kan nie aanspreeklik gehou word vir die privaatheidspraktyke van sodanige derde partye nie.

5. Gebruik van jou persoonlike inligting

5.1. Ons en ons handelsvennote mag jou persoonlike data gebruik om transaksies uit te voer wat met jou gesluit is, om fakture aan jou te voorsien of om relevante advertensies aan jou te besorg. Ons mag vir jou inligting, spesiale aanbiedinge, kennisgewings oor komende geleenthede en advertensies op die volgende maniere stuur: per e-pos, SMS, in ons gereelde nuusbriewe, deur eenmalige promosieaanbiedinge of per telefoon.

5.2. Ons mag ook jou persoonlike inligting aan ons sustermaatskappye en sakevennote (wat buite Suid-Afrika geleë kan wees) beskikbaar stel om hulle in staat te stel om goedere en dienste aan te bied wat hulle dink vir jou interessant kan wees. Deur ons dienste te gebruik en deur jou persoonlike inligting in te dien, stem jy tot dié oordrag in.

5.3. Ons mag inligting oor jou van betroubare derde partye ontvang en dit by ons databasis voeg. Wanneer ons sodanige inligting ontvang, sal ons dit gebruik om die verpersoonliking van ons diens te verbeter.

5.4. As jy nie die inligting wil ontvang wat hier bo uiteengesit word nie, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za.

6. Terugvoering en Klagtes

As jy enige vrae of kommentaar oor ons Privaatheidsbeleid het of as jy ’n klagte het oor hoe ons jou data gebruik, skryf asseblief vir ons of stuur vir ons ’n e-pos na eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za.

7. Inkopies en Kompetisies

7.1. As jy iets van ons bestel, mag ons jou naam, e-posadres, afleweringsadres en betalingsinligting (soos kredietkaartbesonderhede) nodig kry om die bestelling te verwerk. Ons sal ook jou telefoonnommer vra sodat ons jou kan kontak in die geval van probleme met die bestelling. Ons kan dié nommer aan die koeriers gee wat die bestelling aflewer. Hierdie inligting mag in ooreenstemming met klousule 4 en 5 hierbo gebruik word.

7.2. Wanneer jy vir ’n kompetisie of ander promosie inskryf, sal ons jou naam, telefoonnommer, posadres en e-posadres vereis sodat ons jou in kennis kan stel en jou prys kan aflewer indien jy wen. Ons mag die persoonlike data op dieselfde manier gebruik as wat in klousule 4 en 5 hierbo verduidelik word.

8. Beskerming van Inligting

Ons mag persoonlike inligting beskerm deur die gepaste fisieke, elektroniese en bestuursprosedures te vestig wat nodig is om die persoonlike inligting te beskerm wat ons van jou verkry. Dit help om ongemagtigde toegang te voorkom, data-akkuraatheid te onderhou en te verseker dat die persoonlike inligting korrek ingespan word. Ten einde die sekuriteitsmaatreëls uit te voer, mag ons soms vir bewys van identiteit vra voor ons persoonlike inligting aan jou bekendmaak.

9. HTTP-koekies

’n Koekie is ’n stuk inligting wat deur ons rekenaarbediener neergelê word wanneer jy ons webtuiste besoek en deur jou webblaaier op jou rekenaar se hardeskyf gebêre word. Wanneer jy die webtuiste herbesoek, herken ons rekenaarbediener die koekies en gee dit vir ons inligting oor jou laaste besoek. Die meeste blaaiers aanvaar koekies outomaties, maar gewoonlik kan jy die verstellings op jou blaaier verander om outomatiese aanvaarding te voorkom. As jy kies om nie koekies te aanvaar nie, sal jy dalk nie alles op die webtuiste kan gebruik nie.

10. Dataprofiele

10.1 Ons kan ook ’n persoonlike profielblad gebruik wat jou in staat sal stel om jou persoonlike inligting by te werk. Dit sal ons in staat stel om by te hou met akkurate en bygewerkte persoonlike data. Jy sal die reg hê om te eniger tyd te eis dat ons korreksies aanbring of dit uit ons rekords verwyder. As jy wil hê dit moet heeltemal van ons databasis verwyder word, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za en vra dit aan.

10.2 As jy jou persoonlike inligting wat deur ons gehou word wil bywerk, kan jy sekere veranderinge aanlyn maak deur jou rekeningbesonderhede aan te pas (indien geaktiveer) of die vereiste aanpassings per e-pos aan eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za te stuur. As jou rekeningbesonderhede met ’n wagwoord beskerm word, kan jy jou privaatheid help beskerm deur nooit jou wagwoord met iemand anders te deel nie.

11. IP-adresse

Elke keer wanneer jy ons webtuiste besoek, bêre ons stelsel aantekeninge wat die volgende wys: jou IP-adres (die unieke nommer wat jou masjien gebruik wanneer dit aan die internet verbind is), waarna jy gekyk het, of die bladsyversoek suksesvol was of nie, en watter blaaier jy gebruik het om die bladsye te besigtig. Hierdie inligting word streng net vir statistiese en verpersoonlikingsdoeleindes gebruik. Dit help ons verstaan watter dele van die webtuiste meer belangstelling wek en watter bladsye nie aangevra word nie. Dit sê ook vir ons hoeveel trefslae en bladsyversoeke ons kry.

12. Skakels

Ons webtuiste kan skakels na ander webtuistes bevat. Let asseblief daarop dat ons nie verantwoordelik is en nie verantwoordbaar gehou kan word vir die privaatheidspraktyke van derdeparty-webtuistes of die manier waarop hulle koekies gebruik nie. Ons raai jou aan om die privaatheidsverklarings te lees van elke webtuiste wat jy besoek.

Deel D: Riglyne vir bydraes

Daar is twee nie-onderhandelbare reëls wat ons opdwing aan almal wat deel van die gemeenskap wil wees en met ander gebruikers wil omgaan. Dis om sowel gebruikers as ons te beskerm:

Reël 1: Ons moedig gebruikers aan om hul mening openlik te deel, maar met die inagneming van ander deelnemers. Dit beteken gebruikers kan hul mening vryelik uitdruk sonder om beledigend te wees. Opbouende kritiek word waardeer, maar dit moet in ’n gees van wedersydse respek gelewer word. Gebruikers moet ook 18 jaar of ouer wees om op die webtuiste kommentaar te lewer, te klets of te blog.

Reël 2: Ons sal weier om onaanvaarbare inhoud te publiseer, of dit verwyder. Enigiets wat op ons webtuiste gepubliseer word, word as inhoud beskou. Dit sluit in jou blogs, kommentaar en antwoorde, asook jou persoonlike en sakeprofielinligting, boodskappe, meningspeiling-antwoorde, video’s, teks en foto’s. As dit op ons webtuiste verskyn, word dit as inhoud beskou. En hoewel ons jou aanmoedig om jou mening te deel, jou netwerk uit te brei en belangrike kontakte te maak, moet ons daarop aandring dat jou inhoud nie enige van die volgende bevat of daaraan gekoppel kan word nie, omdat ons dit waarskynlik as onaanvaarbaar sal beskou:

Haatspraak, rassisme, diskriminasie of inhoud wat belasterend, vals, vernederend of misleidend is of ’n ander mens wanvoorstel – veral as dit duidelik of opsetlik is.

Enige skrywes wat vloekwoorde of obsene of onvanpaste taal insluit.

Aktiwiteite wat bekruiping, teistering of mishandeling behels of wat as dreigend teenoor ’n mens of ander mense beskou word.

Enigiets wat iemand anders se intellektuele eiendomsregte skend (insluitend kopiereg, handelsmerk, handelsgeheim of patent) of op ’n ongemagtigde bekendmaking van vertroulike inligting of handelsgeheime neerkom.

As jy iemand aanhaal in die inhoud wat jy verskaf, is dit jou plig om die oorspronklike skrywer en publikasie krediet te gee.

Enigiets wat ongevraagde advertensie- of bemarkingskakels of -materiaal bevat – veral as sulke skakels of materiaal niks met die betrokke gesprek te doen het nie.

Enigiets anders waarvan die publikasie emosionele, morele, fisieke of geestelike skade aan jou of ander gebruikers kan aanrig, insluitend die bekendmaking van sensitiewe persoonlike inligting oor jou en ander gebruikers soos mediese toestande, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werkverwante inligting, inligting oor seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras en etniese groep.

Ons besluit gewoonlik van geval tot geval wat aanvaarbaar is of nie, maar ons sal nie noodwendig net bogenoemde voorbeelde evalueer nie. Ons behou die reg voor om inhoud te redigeer of te verwyder wanneer nodig, en om die lys van onaanvaarbare voorbeelde aan te pas sonder om gebruikers in kennis te stel. Ons maak in ’n groot mate op jou staat om ons te help om die inhoud op die webtuiste te beoordeel. As jy iets opmerk wat strydig is met ons riglyne hierbo, stuur asseblief dadelik ’n e-pos na eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za.

Deel E: Klagtes en Algemeen

a. Algemene inligting oor ons
Ons beoog om jou van ’n gehaltediens te voorsien. Maar as jy voel jy het rede om te kla, kan jy ons kontak by eetplanvirbaba@babaenkleuter.co.za. Ons sal ons bes doen om probleme op te los wat opduik. Voorsien ons asseblief van die volgende as deel van jou klagte:
– Jou volle naam, straatadres, telefoonnommer en e-posadres
– Die plek en beskrywing van die deel van ons webtuiste wat die oorsaak van jou klagte is
– Die rede vir jou klagte, insluitend enige regte wat jy meen in die proses geskend word
– Die stappe wat jy wil hê ons moet doen om die probleem reg te stel
– ’n Verklaring wat bevestig jy lê die klagte in goeder trou
– ’n Verklaring wat bevestig die inligting wat jy aan ons verskaf is na die beste van jou wete waar en korrek
– Jou handtekening

b. Die gebruik van die webtuiste is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die uitsluitlike jurisdiksie van die Wes-Kaapse Hooggeregshof, Kaapstad. Maar jy stem in dat ons na ons goeddunke enige landdroshof van bevoegde jurisdiksie oor jou persoon mag nader om enige dispuut te beslis wat uit of in verband met die gebruiksbepalings voortspruit. Jy stem in om die bediening van die regsproses te aanvaar by die adres wat jy aan ons verskaf wanneer jy ons webtuistedienste gebruik of daarop inteken.

c. Die gebruiksbepalings en die bepalings wat deur verwysing ingesluit word, maak die hele ooreenkoms uit tussen ons en jou wat betref die webtuiste, die dienste wat hier gebied word en enige produkte en dienste wat deur die webtuiste bekom word. Dit vervang enige vorige ooreenkomste, onderhandelings of voorstellings oor die webtuiste, hetsy geskrewe of mondelings.

d. As ons nalaat om enige bepaling van die ooreenkoms af te dwing, sal dit nie vertolk word as dat ons van enige bepaling of reg afstand doen nie. As ’n deel van die ooreenkoms deur enige owerheid as onafdwingbaar of ongeldig beoordeel word, sal die onafdwingbare deel vertolk word sodat dit die oorspronklike bedoelinge van die partye so na as moontlik en in ooreenstemming met toepaslike wetgewing weerspieël. As dit nie moontlik is nie, sal dit van die oorblywende deel van die bepalings verwyder word. Laasgenoemde sal van krag en in werking sal bly tot die maksimum omvang wat deur die wet toegelaat word.

e. Jy mag geeneen van jou regte, verpligtinge of pligte ingevolge die gebruiksbepalings aan enige ander mens en/of entiteit subkontrakteer, oordra, delegeer, oorplaas of toewys sonder vooraf geskrewe toestemming nie. Ons mag ons regte, verpligtinge en pligte ingevolge hierdie gebruiksbepalings aan enige mens en/of entiteit afstaan, delegeer, oorplaas of toewys en jy stem tot sodanige afstaning, delegering, toewysing of oorplasing in.

f. Ons sal verskoon word van enige nalating of vertraging in die uitvoering van enige van ons verpligtinge as gevolg van ’n gebeurtenis of force majeure, wat natuurrampe (insluitend vloede, brande, aardbewings of ander soortgelyke gebeurtenisse), betogings, oorlog, stakings, uitsluitings of ander nywerheidsdispute, epidemies, onklaarraking van telekommunikasiestelsels, onklaarraking van die wêreldwye web, enige onderbrekings van die internet of verbinding of kommunikasie daarmee, staatsbeperkings en wetgewing of enige ander oorsaak buite ons redelike beheer insluit.